Friday, 16 November 2012
KLEIN PIZZAS MET KAAS EN UIE
KLEIN PIZZAS MET KAAS EN UIE - Die Nataniële Tafel
JY BENODIG
1 e botter
1 ui, gekap
seesout
1 vel bevrore blaardeeg, ontdooi by
kamertemperatuur
2 e fyn gekapte, vars pietersielie
1 k cheddarkaas, gerasper
8 kersietamaties, opgesny
nog gekapte pietersielie om mee te garneer
METODE
Voorverhit die oond tot 180 °C. Verhit die botter in 'n pan, voeg die uie by en karameliseer vir sowat 1 uur oor lae hitte. Haal van die stoof af en geur liggies met sout. Rol die deeg uit en druk met 'n koekiedrukker of sny met 'n skerp mes ag ronde skywe van sowat 10 cm in deursnee daaruit. Prik met 'n vurk. Smeer 'n bietjie uie op elkeen. Strooi kaas bo-oor en pak die tamatieskyfies daarop. Pak op 'n bakplaat en bak in 'n voorverhitte oond tot goudbruin – sowat 20 tot 25 minute. Haal uit die oond en strooi 'n bietjie pietersielie oor elke pizzatjie.
* Vir grootmense kan gemaalde swartpeper by die uiemengsel gevoeg word en 'n bietjie meer pietersielie kan bo-oor gestrooi word.