Wednesday 26 September 2012

Vrugtepizza





Kors
400 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2,5 ml sout
75 ml suiker
60 g botter
75 ml melk
1 eier, geklits
2 ml gemengde speserye
 

Bolaag
60 ml bruinsuiker
35 ml gouestroop of heuning
60 g botter
125 ml Jungle Oats
125 ml beskuitjiekrummels
375-500 ml droë vrugte, bv. sultanas,
kersies, neute, versuikerde
gemmer, waatlemoen,
groenvye in stukkies gesny.

Voorverhit oond tot 180ºC.

Kors
1. Sif droë bestanddele saam en voeg suiker by.
2. Vryf botter in by droë bestanddele.
3. Meng melk en eier en voeg by. Meng tot ’n hanteerbare deeg.
4. Druk uit op die bodem van ’n gesmeerde pizzabord of druk uit in ’n ronde fatsoen op
’n gesmeerde bakplaat.
Bolaag
1. Verhit suiker, stroop en botter tot kookpunt.
2. Voeg Jungle Oats en beskuitjiekrummels by.
Laat afkoel.

3. Sprinkel die helfte van die krummelmengsel oor die deeg in die pizzabord, dan die
vrugtestukkies en dan weer orige krummelmengsel.
4. Bak 25 minute lank, verwyder uit die oond en laat goed afkoel in die pan.
5. Sny in skywe en bedien met room of as nagereg saam met koffie.

Lewer 8-10 snye