Tuesday 25 September 2012

OM CHILLIES TE BEWAAR




Lourens de Lange

Die winkels le vol chillies – alle soorte, kleure en sterktes.

Pak flessies vol met chillies van verskillende kleure en vorms. Skat hoeveel asyn jy sal nodig kry om hulle te bedek, en bring die asyn tot kookpunt. Gooi ‘n skeut suurlemoensap in die flessies, gevolg deur die kokende asyn.
Maak die flessies tot heel bo vol met die asyn, draai die deksel styf op, keer om, laat afkoel.