Wednesday, 5 September 2012

Mielie Tert


MIELIETERT (Jolanda Vorster)

Hierdie is 'n maklike gereg wat heerlik saam met enige iets afgaan. Ek gebruik dit veral wanneer dit braai tyd is. Lekker soet en proe soos kondensmelk.

Room saam: 
½ koppie suiker
4 eetlepels botter
5 eiers

Voeg by:
4 eetlepels maizina
2 eetlepels bakpoeier
1 teelepel sout
2 blikkies geroomde mielies
1 koppie melk.

Meng alles saam en gooi in 'n gesmeerde bak. Bak vir 1 uur by 180 grade C.