Jy benodig
• hout-wasgoedpennetjies
• selfklewende magneetvel (of magneetsirkeltjies met ’n geskikte gom)
• kleurprentjies
• modge podge
• handwerkvernis
• kwassie
• potlood
• skêr
So maak jy
1 Trek die vorm van die pennetjie met ’n potlood op die agterkant van die prentjie na en knip dit uit – maak seker dat die prentjie nie oor die rand van die pennetjie steek nie.
2 Verf ’n lagie modge podge oor die pennetjie en plak die prentjie daarop vas. Verf nog ’n laag modge podge oor die prentjie en vryf kreukels liggies met jou vinger uit. Laat goed droog word.
3 Verf ’n lagie handwerkvernis oor die prentjie – ons het Dala Hard Varnish gebruik. Laat goed droog word en verf dan nog ’n laag indien nodig.
4 Knip ’n stukkie magneet wat net kleiner as die pennetjie is en plak dit aan die agterkant vas.
(Idees)