Hier is 'n heerlike resep vir Beet Chutney wat ons gekry het van Jolanda Vorster. (So maklik en vinnig.)
3 koppies asyn (bruin & wit gemeng)
3 koppies suiker
(kook tot alles opgelos is) 1 mengsel
6 koppies gaar beetblokkies
1-2 uie in blokkies gesny
( voeg by 1 en kook vir 10 min) 2 mengsel
1 teelepel sout
1 eetlepel kerriepoeier
( voeg by 2 en kook vir 5 min) 3 mengsel
1 eetlepel mielieblom
Voeg by 3 en kook deur
Skep mengsels in bottels en skroef toe.