6 sprietuie, in ringe gesny met groen lowwe
1 pak gemengde slaaiblare
8 repe swoerdlose streepspek
4 snye witbrood sonder korsies
1 groot, ryp avokado
125 ml pekanneute, grof gekap
125 ml Franse slaaisous
Breek die slaaiblare in kleiner stukkies en plaas in die slaaibak saam met die gesnyde sprietuie. Sny die spek in 1 cm-stukkies en roerbraai in 'n bietjie olie tot bros. Haal uit en dreineer op kombuis papier. Sny die brood in blokkies (1cm x 1cm) en braai in die dieselfde pan as die spek tot goudbruin. Voeg 'n bietjie ekstra olie by indien nodig. Haal uit en dreineer. Sny die avokado en rangskik op die slaaiblare. Bedek met slaaisous. Sprinkel neute, spek en bros broodblokkies oor slaai net voor opdiening.