Dalene Brits
Sous
500 ml water
500 ml droë rooiwyn
250 ml blatjang
1 pakkie beesstertsoppoeier
30 ml aromat
5 ml knoffelsout
5 ml suurlemoenpeper
250 g spekvleis, gesnipper
1.5 kg volstruisnek, soos beesstert gesny
500 g skaapskenkels
10 ml gekapte knoffel
50 ml brandewyn
1 selderystingel, grof gekap
2 groot uie, in ringe gesny
2 preie, in skyfies gesny
1 groen soetrissie, in ringe gesny
15 ml vars roosmaryn
4 wortels, in skywe gesny
4 groot aartappels, geskil en in dik skywe gesny
410 g botterbone
12 klein uitjies
250 g knopiesampioene
8 murgpampoentjies, in dik skywe gesny
Metode
Meng al die bestanddele van die sous deeglik en hou dit eenkant.
Verhit jou potjie oor matige kole.
Soteer die spekvleis 5 minute lank.
Voeg die volstruisnek, skaapskenkels, knoffel en brandewyn by en roerbraai 5 minute lank.
Rangskik die seldery, uieringe, prei, soetrissie en roosmaryn bo-op die vleis.
Moet dit nie roer nie.
Giet die sous oor.
Sit die deksel op en laat prut dit 2 uur lank oor matige kole.
Voeg die wortels, aartappels en botterbone, met sous, by.
Giet kookwater by indien nodig.
Sit weer die deksel op en laat prut dit nog 30 minute lank.
Voeg die klein uitjies, sampioene en murgpampoentjies by.
Sit die deksel op en laat prut dit 30 minute lank.
Roer dit deur voor bediening en bedien dit met krummelpap of stampkoring.