Wednesday 8 August 2012

SJOKOLADE-DADEL-KERSKOEK (HUISGENOOT)

Le-ne Malan

KOEK:
250G DADELS,FYNGEKAP
5ML Koeksoda
300ml kookwater
250ml botter
250ml suiker
2 eiers
5ml vanilla
500ml koekmeel
15ml kakao
1ml sout
200g donker sjokolade, in stukkies gekap
120ml glanskersies
80ml gemengde neute, fyn gekap
STROOP
350ml suiker
250ml water
15ml botter
2ml fyn kaneel
60ml whiskey

Voorverhit die oond tot 180Celcius Smeer n vierkantige koekpan van 20cm in deursnee.
KOEK: Meng die dadels, koeksoda en kookwater in n mengbak en laat afkoel tot louwarm. Verroom die botter en suiker met n elektriese kltser tot glad en romerig, voeg die eiers een vr een by en klits goed. Voeg die dadelmengsel en vanilla by. Sif die droe bestandele saam en voeg by die dadelmengsel en klits goed. Meng die helfte van die sjokolade by die meel mengsel in. Giet die beslag in die voorbereide pan en versprei die res van sjokolade asook glanskersies en neute bo-oor koek. Bak 40min of tot toetspen skoon uitkom. STROOP: Roer al de bestandele vir stroop, buiiten whiskey, in n kastrol en bring tot kookpunt. Laat 5 min vinnig kook. Voeg whiskey by en giet die stroop oor koek sodra dit uit die oond kom. Laat afkoel. Haal uit pan en bere in lugdigte houer!