Thursday 16 August 2012

Sitrusbotter




Sitrusbotter

Suurlemoenbotter, beter bekend as lemon curd, kan maklik in die mikrogolfoond gemaak word. Hierdie resep gebruik suurlemoen-, lemoen en pomelosap, maar jy kan dit aanpas om net een of twee te gebruik – hou net die sap 125 ml.

4 eiers
200 ml strooisuiker
50 ml suurlemoensap
50 ml lemoensap
25 ml pomelosap
100 ml water
125 g botter, in blokkies gesny
5 ml elk lemoen- en suurlemoenskil, gerasper
Klits die eiers en strooisuiker met 'n draadklitser in 'n groot mikrogolfoondvaste glasbak.
Voeg die sap, water, botterblokkies en skil by.
Mikrogolf op 100% vir 2 minute. Roer.
Mikrogolf op 55 % vir 6 – 8 minute, roer dit elke 2 minute.
Dis reg wanneer dit verdik het en die agterkant van 'n metaallepel bedek wanneer jy dit daardeur trek.
Skep in glasbotteltjies uit.
Eet die sitrusbotter op plaatkoekies of brood, of in tertdoppies of pannekoek