5 Minute Sitrus roomys sonder 'n roomys masjien:
Die Pomelo kan vervang word met Lemmetjie of ander sitrus - afhangende van jou persoonlike smaak.
2 K Room (whipping cream)
1 K Suiker
½ tl Sout
¼ K vars uitgedrukte Pomelo sap
Klein bietjie skil van die pomelo baie fyn gerasper
Klits al die bestandele saam. Gooi in ‘n plastiek houer en vries vir 8 ure of indien moontlik oornag.