Friday 3 August 2012

Olimpiese Poeding




Olimpiese Poeding

Spesiaal vir ons Olimpiese atlete wat ons land verteenwoordig.

3 k koekmeel
1 k botter of 6 eetl olie
3 eiers
Bietjie melk
1 desertl bakpoeier

Klits die olie en eiers saam. Meng met die melk, nie te slap nie. Rol uit en smeer appelkooskonfyt oor. Rol op soos `n rolkoek.

Stroop:
3 k water
1 1/2 k suiker
1 eetl botter
lemoenolie na smaak

Giet die stroop oor die poeding en bak in `n matige oond tot gaar.