Wednesday 15 August 2012

MAALVLEIS KROKETTE -

Elna Kluyts
 
60ml botter,
75ml koekmeel,
250ml warm melk,
sout,
peper,
olie,
1 gekap ui,
10ml gekap pietersielie,
3 gekap grasuie,
250ml gegeurde gaar maalvleis,
1ml worcestersous,
1 eiergeel geklits,
bietjie koekmeel,
1 eier geklits,
250ml broodkrummels.
METODE - Smelt botter. Roer meel by. Roer melk stadig by en kook tot dik.
Geur met sout en peper. Braai ui in olie sag.
Voeg pietersielie en grasuie by en braai 2min. Haal van stoof.
Roer uiemengsel, maalvleis, worcestersous en eiergeel by die witsous.
Laat koud word. Vorm in 8 balle of koekies. Rol in meel, dan eier dan krummels.
Bak in olie tot bruin. Porsies 4.