Tuesday, 28 August 2012

LAVENTEL BROSBROODKOEKIES



Lorinda Maritz
 
225 g mielieblom (Maizena)
225 g koekmeel
110 g strooisuiker
250 g sagte botter
2 t gekapte laventel blommetjies

Sif die mielieblom en koekmeel saam, voeg die strooisuiker en laventel stukkies by en meng.
Vryf die botter in die meelmengsel in en knie totdat die deeg begin hanteerbaar word.
Druk in groot plat oondpan wat liggies gesmeer is en maak seker die bokant is gelyk gedruk.
Prik met 'n vurk.
Bak vir 1 uur by 160C.
Sodra die brosbrood uit die oond kom strooi liggies met bietjie strooisuiker.
Sny in die verlange vorm en laat afkoel in die pan.
Haal versigtig uit die pan as dit heeltemaal afgekoel het sodat dit nie breek nie.