Wednesday 1 August 2012

Kry jou tuin reg vir lente en somer

Niemand op ons FB blad kon omtrent meer wag om te begin plant nie.  Wel Augustus is nou die maand in SA waar jy maar amptelik kan saai tot jou hartelus.  (In baie koue streke wag dalk maar net bietjie to later in die maand.)  Hier is 'n lys van blommetjies om jou aan die gang te kry:

('n Lys van blommetjies wat in Augustus gesaai kan word.)  Kappertjies, Afrikanertjies, Lupiene, Papierblomme, Lobelias, Gipskruid, Papawers, kosmos,koringblomme, begonias, impatiens, jakopregop, salie, kennas, watsonias, gladiolius, dahlias, pansies, petunias. 
(En 'n lys van groentes:)  boontjies, blaarslaai, wortels, beet, tamaties, greenpepper, raap en spinasie.
Bogenoemde is 'n landswye riglyn.

Streekgewys:
Binneland (Droe klimaat):
alyssum, gipskruid, michaelmasmadeliefies, impatiens, papawers, hanekamme, josefskleed, kosmos, stokrose, lobelias, tabakblomme, kappertjies, petunias, speldekussings, portulakke, grasangeliere, sonneblomme, salis, strooiblomme, verbenas en jakopregops.

Winterreenstreek:
kannas, olifantsore, dahlias, wilde irrisse, berglelies, heliconias, nerinas, wildeknoffel, arondskelke.

Somerreenstreek:
gipskruid, koringblomme, hanekamme, josefskleed, kosmos, stokrose, lupiene, lobelias, tabakblom, petunias, papawers, sonneblomme, jakob regop.

Subtropies:
begonias, petunias, jakobregop, grasangeliere, afrikaners, lobelias, leeubekkies, impatiens, hanekamme