Wednesday 1 August 2012

Gestopde Pampoenblomme




Anuschka Chambi

Pluk die pampoen blomme vroeg in die oggend af was mooi maar wees versigtig hulle breek maklik. Berei jou maalvleis met speserye sodra die maalvleis gaar is sit so handjie vol rou rys in die vleis. moet nou nie verder gaarmaak nie. vul die...
blommetjies versigtig met teelepel maalvleis mengsel en vou die blommetjies toe bo. pak laag vir laag in kastrol en sit stoof op baie laag maar bo-op die laaste laag sit n bord of klein piering hang af hoe groot die kastrol is om die blommetjies vas te hou anders kook hulle oop gooi net genoeg waterom hulle toe te maak en kook tot die rys sag is. O ja bo op die bord of piering kan jy n klip sit of iets swaar om die bord vas te hou. wag tot af gekoel het voor jy die uitskep anders breek dit baie.