Friday 3 August 2012

Kaneel-Appelpoffers en Melktert-sopies




Kaneel-Appelpoffers

• 220 ml (120 g) koekmeel
• 5 ml bakpoeier
• 1 groot eier
• 125 ml melk
• 12,5 ml gesmelte botter
• 5 klein Granny Smith-appels
• 1⁄2 suurlemoen
• sonneblomolie vir braai
• 5 ml fyn kaneel
• 1 ml fyn gemengde speserye
• 45 ml suiker

Melktert-sopies
• 50 ml vodka
• 125 ml kondensmelk
• 125 ml ingedampte melk
• fyn kaneel, om oor te strooi

1 Sif die meel, bakpoeier en ’n knippie sout saam. Klits die eier, melk en gesmelte botter saam, en klits dit dan by die droë bestanddele in.
2 Haal die appels se klokhuisies uit en gooi dit weg (gebruik ’n appel- boorder daarvoor). Sny die appels in skywe van 5 mm dik en drup suurlemoensap oor.
3 Verhit ’n lagie olie in ’n pan oor ’n matige tot hoë hitte. Sodra die olie warm is, druk ’n paar stukkies appel in die beslag. Braai tot goud- bruin aan albei kante. Dreineer op kombuispapier. Meng die kaneel, gemengde speserye en suiker saam en strooi dit oor die poffers.
4 Melktert-sopies Meng die vodka, kondensmelk en ingedampte melk saam en gooi dit in sopieglasies. Sprinkel fyn kaneel bo-oor. Sit dit saam met die warm poffers voor.

(Idees)