Hangmandjies kan jou tuin se vaal kolle mooi opvrolik. Petunia Milion Bells is die perfekte plant om te gebruik. Hier is drie maklike stappe wat sal help om jou mandjies mooi te hou:
1) Water - Gee elke dag water en maak een keer 'n week seker dat die hele plant deur nat is tot by die mandjie.
2) Dooie blommetjies - Sodra daar dooie blommetjies verskyn, knip hul gou af. Dit sal die plant mooi hou en laat nog meer blomme vorm.
3) Kos - Gee jou hangmandjies gereeld kos. Omdat die bietjie grond in die mandjie al is wat die plant het, moet jy seker maak jy voed gereeld.
Wenk by aankope: Moenie hangmandjies koop wat by die kwekery in koelte gehang het of onder skadu net en dit dan in volson posisie in jou tuin plaas nie. As jy 'n hangmandjie soek vir volson, kyk uit by die kwekery vir die wat reeds gewoond is aan sulke kondisies. Die ideaal is om 'n plekkie in jou tuin te he wat oggend son en namiddag spikkelskadu het. (Afhangende van die soort plante in jou mandjie.)