Wednesday, 22 August 2012

Glutenvrye suurlemoen-jogurtkoek



Maak: 1 koek
Baktyd: 45-55 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

• 250 ml (150 g) glutenvrye koekmeel
• 5 ml bakpoeier
• 80 ml kanola-olie
• 250 ml suiker
• 2 groot eiers
• 15 ml vanieljegeursel
• 180 ml gewone jogurt
• gerasperde skil van 1 suurlemoen
• 40 ml vars suurlemoensap

1 Sif die meel, bakpoeier en ’n knippie sout saam.
2 Klop die olie, 200 ml suiker, eiers, vanieljegeursel, jogurt en suurlemoenskil saam.
3 Klop die droë bestanddele by die jogurtmengsel in en gooi in ’n gesmeerde en gevoerde broodpan van 20 x 10 cm. Bak vir 45 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
4 Maak intussen die stroop. Laat die orige suiker oor ’n medium hitte oplos saam met die suurlemoensap. Drup oor die warm koek en laat vir 15 minute in die pan afkoel. Keer op ’n draadrakkie uit en laat heeltemal afkoel.