As jy dit per ongeluk te laat gedoen het – laat sak ‘n metal teelepel met sy steel daarin – dit sal die gas inhou vir solank as 2 dae.
As jy wit wyn bedien – maak ten minste ‘n uur voor bediening oop plaas die kurk liggies terug en verkoel in die yskas.
Maak ‘n bottel rooiwyn so uur of twee voor bediening oop sodat dit eers kan asemhaal.
Ruik aan die kurk – dit moet soos die wyn ryk anders het dit ‘n slegte smaak en is dalk bederf.
Vee die bek van enige bottel eers mooi af voordat daar geskink word.
Steek ‘n skerppunt mes in die kurk as hy per ongeluk afgebreek het – as die kurk in die bottel val gooi die wyn eers deur ‘n siffie sodat al die stukkies kurk kan afgaan.
Indien ‘n kurkprop nie wil pas in die bottel nie – plaas is kookwater tot sag en probeer weer.
Moenie die oorskiet wyn wat oorbly weggooi nie. Vries dit in blokkies en gebruik in disse en souse.