· ‘n Bietjie asyn in die olie verhoud dat vleis wat in krummels gerol is gou vasbrand in die pan.
· Draai vleispasteitjies in botterpapier toe voor jy dit bak. Dit hou die korsies sag.
· Doop wors in kookwater voordat jy dit bak, dan sal dit nie oopbars nie.
· Die vel van tong sal maklik aftrek indien daar asyn by die water gegooi word as die gekook word.
· Gooi vars melk oor gebrande vleis om die brandsmaak te verminder.
· Gooi suurlemoensap/asyn by vleis om dit sag te maak.
·
· Spek sal nie omkrul as dit in kookwater gedoop word voordat dit gebraai word nie.
· As kerrie te sterk gemaak is, voeg ‘n bietjie suurlemoensap by.
· Sprinkel ‘n bietjie sout in die braaipan om gespat te voorkom. Plaas ‘n vergiettes onderstebo oor die pan sodat stoom kan ontsnap maar vet nie uitspat.
· ‘n Heerlike manier om ‘n vark boud gaar te maak is om ‘n blikkie Coke in die pan te gooi. Maak die vark boud toe in foelie. Bak die vark boud tot net so ‘n halfuur voor gaar. Verwyder die foelie en bak vir die laaste halfuur. Die sous van die vark boud en die coke meng dan om ‘n heerlike sous te maak.
Natuurlike jogurt is ‘n natuurlike vleissagmaakmiddel. Sit biefstuk of hoender in joghurt en los vir 8 ure in die yskas.