Monday 30 July 2012

Tamaties op jou balkon

As jy min plek het, of jy woon dalk in 'n woonstel, is alles nie verlore vir jou eie groentetuin nie.  Jy kan tamaties op jou balkon groei.

Gebruik lee plastiek emmers om greenpeppers en ander groente op jou balkon te groei en jou tamaties sal perfek werk in hangmandjies.  "Cherry tomatoes" is ideaal hiervoor.  Onthou net om alle houerplante altyd genoeg water te gee, want hulle kan gou uitdroog. 
Nog 'n GROOT voordeel van tamaties in hangmandjies is:  Die slakke gaan hulle nie kan bykom nie.