Wednesday 18 July 2012

SUURLEMOEN POEDING




Vida Nell
Vandag se nagereg:


50 g (60 ml) botter
300 g (375 ml) witsuiker
4 eiers, geskei
Sap van 2 suurlemoene
Fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen
80 g (150 ml) koekmeelblom
Knypie sout
250 ml melk

Meng die botter en witsuiker.
Roer die eiergele in en daarna die suurlemoensap en –skil.
Sif die koekmeelblom en sout bo-oor en roer dit in.
Roer die melk in.
Klits die eierwitte net tot styf en vou dit liggies in.
Giet die mengsel in n gesmeerde bak van ongeveer 30 x 20x 5 cm.
Bak dit sowat 25-30 minute in n voorverhitte oond by 180C.
Dien op met warm vla.

Lewer 12 porsies.