Wednesday 18 July 2012

SJOKOLADE KOFFIEKOEK




Daleen Roodt Coetzee

DEEG;
1 ¾ Kop Meel 1 ½ Kop Suiker
3 tl Bakpoeier 1 tl Vanilla
¾ Kop Olie ¾ Kop Kookwater
3 Eetl Kakao 5 Eiers geskei,.

METODE;
1.Klits die eiergeel, knippie sout, vanilla en die suiker goed saam,.
2. Klits die kookwater en olie by.
3.Sif die meel. Kakao en die bakpoeier saam en klits dit by die eiermengsel
4. Klits die eierwitte baie styf en roer by die beslag,.

STROOP;
3 Kop Water 2 Kop Suiker
3 Eetl koffie,. Enige koffie sal doen,
1 tl Vanilla,.

Kook bogenoemde saam.
Gooi die stroop in ‘n groot oodvaste pan.
Gooi die beslag bo oor die stroop
Bak in die oond by 180 grade C vir ongeveer 30 Min,.

VERSIERING,
Klits 1 Kop Ultramel room, 1 blik Karamel saam,
Sodra die koek afgekoel het smeer bo oor en strooi fyngemaakte Flake sjokolade oor vir versiering,
Verkieslik sit die koek in die yskas,.