Wednesday, 4 July 2012

Kits DIY

Nuwe produk in die winkels:  Swartbord plakpapier.

Daar is soveel idees van wat jy hiermee kan maak.
  • 'n Ou raam met die papier binne in geplak verander in 'n kits in 'n pragtige dekor item vir jou huis.  Jy kan dit gebruik in kinder kamers. 
  • Plak dit binne in 'n skikbord vir 'n nuwe voorkoms.
  • Plak dit op 'n ou koffietafel wat jy in 'n vrolike kleur geverf het en jy het 'n heerlike speeltafel vir die kinders waarop hulle kan teken en speletjies speel. 
  • Jy kan naambordjies maak.
  • Jy kan jou koffie, suiker of konfyt flesse in die kombuis daarmee merk. 
Ai daar is baie idees........EN dis 'n maklike vinnige DIY wat jy in 'n middag kan doen.