Wednesday 18 July 2012

Jolanda se broodjie in Broodmaker

Jolanda Vorster

Ek maak my broodjie nie as gebak nie, maar ek maak die deeg, gooi Italiaanse speserye in, knoffel, bietjie suiker, sout, broodmeel, warm water, gis, en laat die deeg vir 1.30 huur knie en draai. Ek los hom dan om te rys, en wanneer hy klaar gerys het, spuit ek 'n 'n gewone oondpan met Spray en cook, druk die deeg dan uit in die pan, smeer met olyfolie, sundried tomato, olywe, kaas ens op, in die oond vir so 30 min. en whalla! Lekker, dis my Saterdagaand broodjie met ons braai.