Friday, 13 July 2012

bone sop






Erna Conradie se Heerlike bone sop!

1 pak (500 g) droëbone, geweek
3 liter (12 k) water
500 g beesskenkelvleis, in stukke gesaag
1 ui, grof gekap
1 beesvleisaftrekselblokkie
2 ml neutmuskaat
125 ml fyn gekapte vars pietersielie
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Metode:
Dreineer die bone en voeg saam met die koue water en skenkelvleis.
Bedek en laat prut tot die bone sag is.
Voeg dan die ui, aftrekselblokkie, neutmuskaat en pietersielie by en laat nog ongeveer 'n uur prut.
Geur met sout en peper.
Geniet dit!