Wednesday, 20 June 2012

Outydse lemoenstroop

Te veel lemoene aan die boom?  Of dalk 'n klompie as geskenk gekry - hier is 'n heerlike resep vir al daardie lemoene:

Outydse Lemoenstroop - Pasella se resep

(Maak ± 2L)

2,5 kg witsuiker
gerasperde skil van 8 lemoene
16 tot 18 lemoene se sap
1 e Engelse sout
1 e sitroensuur
2 e wynsteensuur

Los die suiker op in die lemoensap deur dit te roer. Jy kan dit effens verhit, maar dit kan moontlik van die vitamiene beskadig en is nie nodig nie. Roer die res van die bestanddele by. Syg deur doek of sif. Gooi in gesteriliseerde bottles en verseël.