(Boerekos)
Bestanddele:
250 g ontpitte dadels
1 k kookwater
1 t koeksoda
½ k botter
½ k suiker
2 eiers, geklits
2 k meel
1 t bakpoeier
1 t kaneel
½ t sout
1 k grofgekapte okkerneute
Metode:
Sny die dadels deur en week die helfte hiervan in die kookwater en koeksoda tot sag.
Room die botter en suiker saam en voeg die geklitste eiers by. Meng baie goed.
Sif die meel, bakpoeier, kaneel en sout saam.
Voeg die res van die dadels en die okkerneute hierby, en daarna ook die geweekte dadels saam met die water. Meng goed.
Bak teen 180º C vir 40 minute.
Sous vir die Brandewynpoeding
1 k suiker
1 E botter
½ k water
1 t vanieljegeursel
½ k brandewyn
Metode:
Kook die suiker, botter en water saam.
Verwyder van die stoof en voeg die vanielje en brandewyn by.
Meng dit goed en giet die warm sous oor die warm poeding.
Bedien met styfgeklopte room of roomys.