Willa Cloete
Adéle-Herman Stemmet
OP STOOF
Op die stoof kook dit 3 ure.
Trek die papiere af dis 'n groot gemors.
As jy in 'n alluminium kastrol kook gooi bietjie suurlemoensap of sommer 'n halwe suurlemoen in die water, dan het jy nie
aan die einde die gevlekte kastrol nie.
Gooi kookwater op ek kook sommer 5 blikkies op 'n slag.
Vul gedurig die water aan want as daardie blikkies droog kook het jy 'n baie taai kombuis.
IN STOOMPOT
In die stoompot kook dit 30 minute vandat die pot op stoom is.
Haal dadelik uit want dit hou aan kook as dit in die kookwater staan en kan te donker word.