Wednesday, 20 June 2012

Lelies vir die somer

'n Pragtige blom is die Stargazer lilly beslis en as jy snyblomme in die tuin soek is hierdie beslis 'n goeie keuse.

Wees op die uitkyk vir bolle in die kwekery vanaf Junie maand tot Augustus. Hulle is nou beskikbaar en kan geplant word. Net reg om dan vir jou 'n pragvertoning te gee van September tot Januarie. Plant die bolle so 25 cm uit mekaar om die plante genoeg plek te gee vir hul blomme en maak seker jy sit 'n stokkie langsaan elke blom om die dun stele te kan beskerm teen wind.

Hierdie blomme wil nie graag gereeld oor en uit geplant word nie, so jy kan hulle maklik vir jare in die grond laat sonder om te verplant, maar wanneer jy dit wel doen is herfs die beste tyd om die bolle uit te plant.  Daar is soveel verskillende soorte - sien die agterkant van die pakkie wanneer jy dit koop vir meer inligting oor daardie spesifieke soort en watter omstandighede hy benodig in jou tuin.