Rene Truter Wessels
175 ml suiker
50 ml botter
3 eiers
250 ml koekmeelblom
5 ml bakpoeier
Knippie sout
125 ml melk
2,5 ml vanielje geursel
+- 400 g gedreineerde ingelegde vrugte soos tertappels, pynappelstukke, pere of perskes [verkieslik in natuurlike sap]
1. Room die botter en suiker baie goed, klop die eiers een vir een by. Voeg die dro”e bestandele by en klop terwyl die melk en vanielje geursel bygevoeg word.
2. Smeer n vuurvaste tertbord met n inhoud van 2L goed met botter/margerien. Skep die beslag in die tertbord en smeer glag. Rangskik die vrugte bo-op en bak vir 25 minute by 180 grade Celsius.
Karamelsous.
250 ml room of onversoete ingedampte melk
125 ml suiker
2,5 ml vanielje geursel
Kook saam vir 10 minute oor matige hitte.
Giet die sous oor die tert [na 25min gebak het], plaas terug in die oond en bak vir verdure 10 minute.
Bedien warm met vla of room
8 – 10 porsies.
Kan 2x vergroot maar bak in afsonderlike tertborde