Wednesday 16 May 2012

Visbobotie






Visbobotie - Weg

Jy benodig:

•olyfolie
•1 groot ui, gekap
•2 cm vars gemmer, gerasper
•5 knoffelhuisies, fyngekap
•1 groot groen appel, gekap (Granny Smith)
•2 -3 eetlepels vismasala (of kerrie-poeier)
•650 g gaar snoek, gevlok
•1 dik sny bruinbrood, gekrummel
•1 x 400 g-blikkie bruin lensies
•1 hand vol vars koljanderblare, gekap
•1 eetlepel appelkooskonfyt
•4 eetlepels balsemiekasyn
•3 groot eiers
•300 ml klappermelk
•1 hand vol pekanneute
Só maak jy1.Verhit die olyfolie in ’n middelslagkastrol en braai die ui, gemmer, knoffel en gekapte vinkel totdat dit sag is. Voeg ’n halwe eetlepel borrie en die masala by. Kook dit vir ’n minuut of twee oor matige hitte tot geurig.
2.Voeg die engelvis, broodkrummels, lensies, vars koljander, appelkooskonfyt en asyn by. Kook dit vir nog 10 minute oor matige hitte terwyl jy dit heeltyd roer. Proe vir die balans tussen soet en suur, en voeg nog asyn, suurlemoensap of ’n knippie suiker na smaak by.
3.Verdeel die bobotiemengsel in 4 – 6 individuele bakkies of gebruik een groot bak. Klits die eiers en klappermelk en giet oor die bobotiemengsel. Versier met okkerneute en bak dit dan teen 180 °C vir 20 tot 30 minute totdat die bolaag goudbruin word