Wednesday, 9 May 2012

Tupperware se skudkors

'n Lekker vinnige kors vir 'n vleispastei. Maak eers die vleis op die stoof gaar. Hoender, maalvleis, wildsvleis, ens.
Drie-kwart koppie koekmeel
3 teelepels bakpoeier
Half koppie olie
1 eier
Halwe koppie melk
Sout
Meng alles goed en gooi oor vleis. Bak by 180°C tot gaar.