Rosalin Koopman se Soetpampoen (Soos op Boerekos)
Bestanddele:
‘n Oondskottel vol boerpampoen, opgekap
125 g botter
2 E bruinsuiker
2 E heuning
½ k groengemmer
2 stukkies pypkaneel
Metode:
Pak die oondskottel vol boerpampoen.
Stippel blokkies botter oor en geur met die res van die bestanddele.
Bak in die oond teen 180º C tot karamelagtig.