Monday, 7 May 2012
Smoorsnoek - Boerekos
Bestanddele:
1 gebraaide snoek
2 gekapte uie
4 knoffelhuisies
2 E vars gemmer
4 aartappels in blokkies gesny
Metode:
1. Om te smoor beteken om kos gaar te stowe met die deksel op.
2. Om smoorsnoek te maak, moet jy die vis eers braai.
3. Smeer ‘n sous gemaak van botter, knoffel, witwyn en suurlemoensap bo-oor.
4. Braai die vis aan beide kante, maar nie te droog nie.
5. Smoor die uie met knoffel en groengemmer.
6. Voeg die gaar aartappels en gevlokte snoek by en sit die deksel op. Smoor dit vir ongeveer 20 minute.
Opdiening:
Smoorsnoek word op rys bedien, en saam met die snoek, soetpatats, so tipies van boerekos om sout en soet saam te bedien. Dis ‘n gebruik van ons van die 17de eeuse Hollanders geërf het.