Monday, 7 May 2012
Koeksisters
Koeksisters - Boerekos
Bestanddele - die stroop:
10 k suiker
5 k water
2 t goue stroop
2 t suurlemoensap
Bestanddele - die deeg:
3 k koekmeel
4 t bakpoeier
½ t sout
1 E botter
± 1 k suurmelk (helfte koue melk, helfte warmwater, 1 t asyn of suurlemoensap)
As mens koeksisters wil bak, moes jy al gister begin het.
Jy moet jou stroop oornag in die yskas laat afkoel – en jou deeg kan jy teen hanekraai al aanmaak.
Metode - stroop:
Kook die suiker, water, gouestroop en suurlemoensap saam en laat dit in die yskas afkoel.
Metode – koeksisterdeeg:
Meng die koekmeel, bakpoeier, sout, botter en suurmelk.
Voeg nog ‘n bietjie water by as dit te styf is, want jy het ‘n sagte deeg nodig.
Maak toe met ‘n klam lap en laat staan vir 20 minute.
Rol uit, sny en vleg.
Bak in kokende olie, dompel in die stroop en dreineer.
Jou olie moet goed warm wees, en daarvoor werk ‘n gasvlam die beste.
Die proses van gooi die koeksister van die een druprakkie na die volgende, is om te sorg dat die koeksisters goed gedreineer.