Tuesday 22 May 2012

Sjokoladefudge-poeding





Genoeg vir: 6-8
Oondtemperatuur: 180 °C

• 250 ml (135 g) koekmeel
• 160 ml (140 g) bruinsuiker
• 45 ml (15 g) kakao
• 10 ml bakpoeier
• 15 ml vanielje
• 30 ml kanola-olie
• 125 ml vetvrye melk
• 1 groot eierwit
• 25 ml bruinsuiker
• 75 ml sterk swart koffie
• laevet-roomys of –vla

1 Roer die meel, die 160 ml (140 g) suiker, die kakao en bakpoeier saam in ’n groot bak. Maak ’n holte in die middel.

2 Gooi die vanielje, olie en driekwart van die melk in die holte en roer dit van die kante af in. Roer tot net gemeng. Klits die eierwit tot dit sagte punte vorm en vou dit saam met die res van die melk by die beslag in. Gooi in ’n gesmeerde oondbak.

3 Los die 25 ml suiker in die koffie op en gooi dit oor die beslag. Bak in die verhitte oond vir 35- 40 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat staan vir vyf minute en sit warm voor met laevet- roomys of -vla.

(Idees)