Wednesday 16 May 2012

Oulike idee vir onthaal

Kollewyntjies (Cupcakes) met vlaggies……………Hmmmmm net vir kinderpartytjies?  Nee nogal nie.  Hier is ‘n paar oulike idees hoe mens dit kan gebruik by troues, onthale, ens.:


1)      By ‘n troue (onthaal):  Skryf op die vlaggies ‘n dankie sê notatjie aan jou gaste en plaas dit by elkeen se bord.  Of dalk kan jy net die woorde “Pas getroud” en die twee se voorletters daarop sit.
2)      Kombuistee:  As jy ‘n klompie kollewyntjies vrolik versier, kan jy kort “kook wenke” op die vlaggies skryf.  Die gaste kry elkeen een en deel die “kook-geheim” met die toekomstige bruid.  (Dit sorg vir ‘n lekker geselspunt.)
3)      Onthale:  Wanneer jy onthaal, kan ‘n kollewyntjie met ‘n vlaggie dien as pleknaamkaartjie vir jou gaste aan tafel.
4)      Verjaarsdae:  Natuurlik kan jy by jou kind se partytjie dit gebruik om die tema van die partytjie verder deur te dra.  Bv.  Siderman tema – Knip die vlaggies in die vorm van ‘n spinnerak of ‘n spinnekop uit.  (Jy kan dit maklik met ‘n rekenaar doen, as jy nie kunstig is om self te teken nie.)

Wenk:  By enige van bogenoemde idees, is dit belangrik om die tema van jou funksie deur te dra asook die kleurskema.   Kyk by bak en brou winkels vir maklike kits klaar versierings (bv. blommetjies) wat jy sommer self op die cupcakes kan sit sonder om ten duurste te betaal vir iemand om dit vir jou te doen.