Tuesday, 15 May 2012

FRIKKADELLE


Erna Conradie

BESTANDDELE:
- 1kg gemaalde vleis
- 1 klein ui gerasper
- 2 vol t sout
- 1/2 t borrie
- 2 e kerrie
- 1/4 t peper
- 2 e appelkooskonfeit
- 2 e Ms Ball′s Chutney
- 1 eier geklits
- 1 kop rou rys
- water

VIR SOUS:

- 1 middelgroot bottel tamatiesous
- 60 ml Worcestersous

METODE:

- meng alle bestanddele behalwe rys
- voeg die rys nou by en meng goed
- maak frikkedelle en sit hulle in swaar kastrol
- gooi kook water oor en laat vir 50 min. stadig kook

METODE VIR SOUS:

- meng tamatiesous en Worcestersous en giet by die frikkadelle
- haal die frikadelle uit sous en verdik die sous indien nodig met maizena.