Susan van Niekerk se Boboti
(Scherpenheuwel)
Die lys van bestandele mag vreeslik erg lyk, maar dis eintlik alles goed wat jy in die huis het en dis maar min van elke item.
Bestanddele:
3 groot uie
4 t kookolie
2 ml koljander
½ t swartpeper
4 t kerriepoeier
2 t borrie
1 kg maalvleis
4 t ml bruinsuiker
4 t appelkooskonfyt
4 t ml asyn
2 snye witbrood
1 k melk
½ k rosyne
2 suurlemoenblare
2 eiers
Bo-oor: 1 k melk, 2 eiers, 2 suurlemoenblare
Metode:
Braai die uie in die kookolie.
Voeg die speseryeby en braai.
Skep uit en braai die vleis in die kastrol.
Sit die uie en speserye terug.
Voeg die bruinsuiker, appelkooskonfyt en witbrood wat in melk geweek is, by.
Kook deur en roer die rosyntjies by.
Skep die bobotiemengsel in ‘n oondskottel.
Giet ‘n eier-en-melkmengsel oor en druk suurlemoenblare in die gereg.
Bak vir 20 minute teen 180ºC.