Maria van der Merwe se pasteideeg
(Leibzig)
Bestanddele:
5 koppies koekmeelblom
5 eiergele
2 eetlepels suurlemoensap of 25ml brandewyn
1 glas koue water
500 g botter
(Vir die pastei: Hoender – fyngekook, gegeur en afgekoel)
Metode:
Vryf die botter deur die meel.
Klits die eiergeel, suurlemoensap en water en voeg by die meelmengsel om ‘n deeg te maak.
Gooi die deeg 4 keer op die tafel.
Rol die deeg uit, smeer die botter aan en vou toe. Doen dit vier keer.
Vou dan die deeg in derdes en laat rus in die yskas.
Na ‘n uur word die pasteideeg met ligte bewegings uitgerol.
Bedek die afgekoelde hoender met die pasteideeg, smeer geklitste eier oor en bak vir 40 minute teen 220 ºC tot goudbruin.