Tuesday 17 April 2012

Waterblommetjiebredie

















Ek kan nie wag om hierdie winter 'n lekker bredie van waterblomme te kook nie.

Waterblommetjiebredie - Boerekos

Bestanddele:

1 kg waterblommetjies
1,5 kg lamsvleis
‘n bietjie kookolie
‘n grypie koljander, ‘n knypie sout, ‘n knippie peper en 5 kruinaeltjies

2 grofgekapte uie
‘n voorskoot vol aartappels
suurlemoensap

Metode:

Blansjeer 1 kg waterblommetjies.

Braai 1,5 kg lamsvleis in ‘n bietjie kookolie.

Hierby kom ‘n grypie koljander, ‘n knypie sout, ‘n knippie peper en 5 kruinaeltjies.

Gooi 2 grofgekapte uie en ‘n voorskoot vol aartappels by.

Nou nog net die waterblomme en suurlemoensap.

Opdiening:

Bedien die bredie saam met geelrys.