Thursday 5 April 2012

Maklike kerrievis in Ponde en onse

Petra Pretorius het vir ons hierdie maklike resep gegee vir Kerrievis.  (Ingelegde vis : Voortrekker resepteboek)  Vir die van julle wat nog ponde en onse ken en dit beter verstaan in 'n resep - hierdie een is vir julle.

Bestanddele:
6 – 8 pond vars geelbek of enige ander geskikte soort vis
1 baie klein Rissie, fyn gekap
12 Naeltjies
6 groot wit Uie 2 eetlepels goeie Blatjang
2 onse Kerrie Sout
1 teelepel Borrie 2 – 3 pinte goeie Asyn
2 eetlepels Suiker



Metode:
Maak vis skoon en sny in mote. Sprinkel sout oor en bak in warm vet. Sny uie in ringe en smoor. Meng al die ander bestanddele en kook op in die asyn, voeg ook die gesmoorde uie by om sag te kook. Sit nou die gebakte vis in in erdekan of iets dergeliks en gooi die gekookte asynmengsel oor.