Bestanddele
Gewone wit sampioene
Ontbytspek – verkiesl...ik goeie rugspek met bietjie vet aan wat lekker hard en krakerig gebraai word - of min vet nes jy wil na jou eie keuse
Tandestokkies (Toothpicks)
Voorbereiding
Neem die wit sampioene en was dit in soutwater – droog af
As die sampioene te groot is, sny hulle in die helfte anders word hulle dalk nie heeltemaal gaar nie
Sny die spek in die lengte in die helfte deur
Draai nou die repe spek om die sampioene – een of twee per sampioen en steek vas met die tandestokkies deur die sampioen
Gaarmaak en eet
Neem die spekrolletjies en braai hulle op die kole.
Dit moet so ‘n entjie bo die kole gebraai word – nie te warm nie, maar warm genoeg sodat die spek lekker krakerig kan word.
Terwyl hulle braai, gooi sommer so bietjie braaisout of seesout op na smaak. Jy sal sommer sien wanneer hulle gaar is.
Wanneer jy hulle afhaal, laat dit eers so ‘n bietjie afkoel want dis baie warm en jy kan jou mond lelik verbrand as jy te haastig is om te eet. As die Spekrolletjies so bietjie afgekoel het kan jy maar begin smul daaraan. Daar’s hy – so eenvoudig soos dit.
Jy kan natuurlik presies dieselfde resep volg deur van daardie rooi gebottelde kersies (sonder pitte natuurlik), of pruimedante (ook natuurlik sonder pitte) te gebruik, in plaas van die sampioen. Jy draai ook die spek om dit en steek vas met die tandestokkie.
‘n Goeie idee is om ‘n klompie van elk te maak sodat daar ‘n bietjie van ‘n verskeidenheid is in die voorgereg. Maak net genoeg want dis baie lekker!See More