Wednesday, 15 February 2012

PARTYTJ IE-VRUGTEPONS


Almarie de Jager

500 ml (2 k) peersap"
500 ml (2 k) appelsap"
500 ml (2 k) appelkoossap"
500 ml (2 k) lemoensap"
500 ml (2 k) pomelosap"
5 ml (1 t) vars gemaalde gemmer (opsioneel)
2x410 g-blikke vrugteslaai in vrugtesap, gedreineer, of 500 ml gekapte gemengde vars lae-Glvrugte,
bv. appel, perskes, pere, appelkose, pruime,nartjies, bessies of kiwivrugte
2 liter dieetlimonade of Sprite Zero
2liter sodawater
750 ml vonkelwyn (opsioneel)
vars kruisement vir versiering

Meng die vrugtesappe. Voeg die gemmer by, indien gebruik, asook die ingemaakte/vars vrugte, en verwerk deeglik. Voeg net voor opdiening die afgekoelde limonade, sodawater en vonkelwyn
indien gebruik, by. Versier met kruisement. Ysblokkies kan ook bygevoeg word.
Maak die pons reeds die vorige dag, of op die oggend van jou middag- of aandpatytjie.

Dieetkundige se aantekeninge
Wat'n verruklike alternatief vir'n gewone vrugteporsie!
Let daarop dat enige vonkelwyn gebruik kan word, omdat soet vonkelwyn slegs 5 g suiker per glas bevat, wat 'n minimale uitwerking op die bloedglukosevlak sal he. Droë vonkelwyn bevat meer alkohol en effens minder suiker as soet vonkel-wyn.