Friday, 10 February 2012

AMORE (RSG) SE CHILI CON CARNE



















Rissiepasta

2 eetlepels rissiepoeier
1 eetlepel fyn komyn
1 eetlepel gedroogde orego
1 teelepel fyn kolajnder
1 teelepel gedroogde tiemie
3 eetlepels water

Chili con carne

2 eetlepels olyfolie
500g maalvleis
1 ui, opgekap
3 knoffelhuisies, fyngemaak
2 rooi soetrissies
½ koppie water
1 blikkie heel tamaties
1 eetlepel suurlemoensap
1 eetlepel bruinsuiker
1 teelepel sout
peper na smaak
1 blikkie nierboontjies

Vir opdiening

1 klein kropslaai, gesnipper
1 koppie kaas, gerasper
1 pakkie tacos of wraps

METODE

Meng al die bestandele van die rissiepaste saam.
Verhit olie in kastrol.
Voeg maalvleis by, braai tot amper bruin en voeg dan die uie, knoffel en rooi soetrissies by.
Sodra die ui deurskynend raak, gooi die rissiepasta by.
Roer vir vier minute op hoë hitte.
Voeg die water by en laat dit prut vir 10 minute oor lae hitte.
Voeg die tamaties, suurlemoensap, bruinsuiker, sout en peper by.
Laat dit prut vir 'n verdere 20 minute.
Dreineer die nierboontjies en voeg dit by.
Roer goed en laat die boontjies warm word.
Bedien in tacos of wraps met kaas en slaai.