Monday, 16 January 2012

Lepelbrood


450ml Melk
300ml Mieliemeel
5ml Sout
50ml Margarien, Gesmelt
4 Eiers, Geskei
Metode:
Voorverhit Die Oond Tot 180°C. Smeer ‘N Diep Oondvaste Bak Van 24cm
Met Margarien. Verhit Die Melk Tot Kookpunt. Verwyder Van Die Hitte En
Roer Die Mieliemeel Geleidelik By, Roer Tot Glad. Plaas Terug Op Die Hitte
En Laat Kook Tot Die Mengsel Verdik Het; Roer Elke Nou En Dan.
Voeg Die Sout, Asook Gesmelte Margarien By. Verwyder Van Die Hitte En
Laat Heelwat Afkoel. Klits Die Eiergele En Vou By Die Mengsel In . Klits Die
Eierwitte Styf En Vou Ook By Die Mengsel In. Skep In Die Voorbereide Bak
En Bak Sowat 35-40 Min Lank Of Tot Gaar.
Dien Warm Op Saam Met ‘N Smeersel Botter. Genoeg Vir 4-6 Mense.