Friday, 20 May 2011

Winter Dieet

Resep vir spesiale winter dieet:
Verloor gewig sonder moeite of baie oefening.
Al wat nodig is, is om hierdie ontbyt elke oggend te eet.

Neem 1 Aero en krummel dit oor 'n bakkie Wheetbix.
Dis so maklik soos dit.
Daar het jy dit.....
Aerobix

Idees vir kleur in 'n kerk tuin.

Een van ons lede wou weet hoe om 'n kerk tuin te verfraai.  Hier is 'n paar idees:

Baie keer is ‘n kerk die plek waarheen mense loop wanneer hulle nie meer weet watter kant toe nie.  Sulke tye is n bankie erens by ‘n boom of struik altyd ‘n nuttige welkome rusplek vir die gemoed en moeë bene.  My voorstel sou dus eerste wees om erens ‘n bankie as sitplek te hê en gebruik dit dan as begin punt vir die kleur wat jy dan rondom dit plant. 

My eerste keuse vir kleur in ‘n tuin wat struike betref is altyd Sheenah’s Gold (geel-groen skakerings van blare) veral as jy reeds gevestigde bome in die tuin het.  Dan is daar Coleus (met hul rooi en groen skakerings).  Daar is baie variasies beskikbaar.



Flax (foto hierbo) gee ook weer 'n ander vorm van blare (lang spitsvormig) en het kleure wat tot skakerings van pienk insluit.

Plante wat in die bybel voorkom soos palms, olyfbome of die mirteboom kan in houers geplant word as jy hoogte benodig.

Vir blomme kleur hierdie tyd van die jaar (Herfs), sal ek beslis Pansies (Gesiggies) aanbeveel.  Dis soos ‘n klomp vrolike gesiggies wat mens begroet (iets wat jy tog altyd by die kerk wil sien).  As jy dan bv. al langs ‘n paadjie klomp van hulle bymekaar plant, kan dit ‘n ongelooflike prentjie vorm.  Hoe meer hoe beter.  Hulle blom regdeur die winter en kan selfs tot in die somer tonne kleur verskaf.  (nou beskikbaar in tuinsentrums).
Kyk ook na “Kale” (Flowering Cabbage). 

'n Oulike idee wat beslis aandag sal trek:  Saai pietersielie en ment en basil tussen die blomme en as die lente begin, saai jy groente saadjies tussen in.  Dan word dit sommer ‘n “community tuin” waar mense kan gaan “kyk en gebruik”.  Ook handig vir latere kerk funksies….(bv. basaar).


Hergebruik 'n ou laai

Kyk net hierdie oulike idee vir 'n ou laai.
Dis nie nodig om veel hieroor te sê nie.  Gebruik jou verbeelding.  Verf daai ou laai wat rondlê in die motorhuis met die oorbly verf van 'n vorige projek en plant mooi plante daarin.  En daar het jy 'n gratis potplant houer wat jou niks gekos het nie. (En dit lyk pragtig.)

Wenke: Spinnekoppe & Goggas

Om spinnekoppe en goggas weg te hou, gebruik Eucalyptus olie.  Jy kan dit op bolletjies watte sit en oral onder die beddens of in die hoekies sit waar jy weet goggas graag kuier.  (As jy klein kinders of troeteldiere het, moet dit eerder nie doen nie.)  Sprinkel dan eerder van die olie op die venster of deur rame.

Pampoenkoekies met vla-sous

Pumpkin Fritters (Pampoenkoekies)
500ml pumpkin, cooked
250 ml flour
20ml baking powder
2 eggs, beaten
little milk
oil for deep frying.
Sift the flour and baking powder. Add the eggs and pumpkin. Thin the mixture with a little milk, if too stiff.
Drop spoonfuls of batter into hot oil and deep fry until golden brown.
Serve warm with cinnamon and sugar or with syrup.
Makes 26
Syrup (Optional)
250ml sugar
375ml water
15ml lemon juice
25ml margarine
15ml custard powder
30ml milk
5ml cinnamon
pinch of salt.
Bring sugar, water, lemon juice and margarine to the boil. Mix custard with milk to a paste. Add custard, salt and cinnamon to the syrup.
Pour warm sauce over fritters and serve.

PAELLA WRAPS














PAELLA WRAPS

500g I&J Paella
1 packet of wraps
Salt and pepper to season        

Method:

Prepare the I&J Paella as per pack instructions

Warm the wraps while the Paella is cooking

Once ready, fill the wraps with the Paella mix and roll them up tightly

Cut each wrap in half and serve

Vadersdag Idee - Chilli Fees

Vadersdag Chilli Fees

Hierdie is 'n baie oulike idee vir al die pappa's wat hou van 'n bietjie skop saam met sy kos. Ontwerp 'n spesiale plakker vir die bottels. 

Ek het die volgende resepte gekry vir 'n heerlike sous, probeer dit gerus.


















CHILLI SOUS
Benodig
250 gram rooi en
250 gram groen chillis
1 groot uie
3 knoffelhuisies
1/2 koppie olie
1 middelslag groote All Gold Appelkoos konfyt, (smooth)

Metode
Sny al die stingels vanaf die chilli en kerf uie in kwarte.
Plaas in voedsel verwerker en (pulse) vir n min of twee tot fyn gekerf.
Voeg nou jou olie, knoffel en konfyt en meng nog n rukkie.

Bottel en laat staan vir n dag voor gebruik sodat alle geure kan meng.





















OW-OW BRAND SOUS

Benodig:15 chillies
1 groot ryp mango
1 koppie aangemaakte mosterd
1 koppie bruin suiker
2 koppies bruin asyn
1 groot lepel elk van: Kerriepoeier, komynpoeier, chilliepoeier, gemmerpoeier, fyn neutmuskaat, seldery saad, allspice en kaneelpoeier
sout en peper na smaak
1 kg tamaties
2 uie

Blits al die vrugte, groente in ‘n voedselverwerker tot mooi fyn of anders sny alles in stukkies

Meng by al die ander bestanddele en prut vir ongeveer 2-3 uur. Roer so nou en dan. Jy moet noodgedwonge maar effe-effe proe en dis dan wanneer jy in die kombuis gaan rondspring en sê, OW OW.

Hierdie sousie is beter as daardie lipplompers wat die lippe veronderstel is om groter te laat lyk deur dit te laat ‘tingle’, glo my, die sous ‘tingle’!

WENK:  As jy het kan jy sommer ‘n paar ryp perskes ook bygesit, en ‘n bietjie meer bruin suiker en asyn, dit hang    seker af of jy ‘n dunner of amper 'chutney'-tipe konsistensie soek. Die reseppie is baie aanpasbaar. Wees versigtig dat jy nie aan jou oë vee as jy die chillies hanteer nie.
















KARIVIESE CHILLI SOUS


Benodig:
15 Tabasco chilli’s, of so 8 Habanero’s (verkieslik vars uit die tuin)
1 wortel
3 teelepels knoffel
1/2 koppie asyn
1/4 koppie lemmetjiesap
1/2 - 1 mango,  opgesny in blokkies
3/4 koppie water
olyfolie

Maal die chillies (gebruik soveel van jou gunsteling soort as wat jy wil, afhangende van hoe warm jy dit wil he), knoffel en wortel fyn in ‘n voedselverwerker en braai so 3 minute in die olyfolie.

Gooi die gebraaide bestandele saam met die res in ‘n versapper en versap tot ‘n sous.  Dan alles weer terug in die pan, en prut vir so 5-10 minute.  Indien die sous te dik is, verdun met meer water terwyl dit prut.  Laat koel effens af en gooi dan oor in skoon glas bottels (dit sal nog dikker word soos dit afkoel).  Bere in die yskas, dit behoort maande te hou (geen kiem sal die moed hê om dit aan te val nie).

Lewer so 500 ml sous wat so 8 uit 10 kry vir warm as jy Tabasco chillies gebruik (habaneros sal dit nader aan 10 maak).  Gebruik op pizzas, Meksikaanse kos, kerries,
seekos, Cajun crawfish en selfs in jou bier (as jy so voel).

WENK:  Net n waarskuwing as jy met chillies werk: Moenie jou oe of ander sensitiewe vryf terwyl of na jy die chillies                hanteer het nie.  As jy met Habaneros werk, oorweeg dit om handskoene te dra.  Wees ook versigtig vir die                chilli-dampe, veral as jy die voedselverwerker oopmaak.

Thursday, 19 May 2011

Saadjies (Goedkoop en eintlik verniet)

Om groentesaadjies in die winkels te koop kan 'n duur storie afgee en somtyds eindig jy op om weer saadjies te gaan koop, want die eerste pakkie se saad het nooit opgekom nie.  (Dit al oorgekom?)

Kom ek deel my geheim.  Wanneer ek 'n tamatie koop en ek hou van die vorm en kleur, ens van die tamatie, sal ek van die saadjies uitkrap en hou.  Dan saai ek hulle in my groentetuin houers en glo my ek het al vele suksesvolle oeste gehad.  'n Tamatie wat ek vind nogal ideaal is vir beginners is Roma tamatietjies.  (Dis 'n klein ronde tamatie en meeste winkels verkoop hul deesdae.)   Dis heerlik in 'n slaai en hulle dra in trosse. 

Mens jy voel baie trots wanneer daardie eerste oes reg is en jy kan daarmee spog in 'n slaai wanneer jy onthaal.

Nog iets wat ek met sukses vir enige beginner kan aanbeveel, is greenpepper saad.  Jy koop die mooiste grootste greenpepper (rooi, geel, groen of oranje) en jy neem eenvoudig die saad en gooi dit in jou tuin en gee dit water.

Daar is geen spesiale behandeling vir die saad nodig nie.  Net tonne sonlig, liefde en water.

Ek kan hier noem dat al daardie reëls vir plant, nie altyd NODIG is nie.  In ons tuin het tamaties al hope gedra in grond wat gladnie behandel was met kunsmis en spesiale "goete" nie.  Soos ek sê, net tonne sonlig, liefde en water.  :-)

Gogga land

Hierdie "goggas" (ladybugs) is van plastiese skroefbottel doppies gemaak en is 'n oulike idee vir wanneer jy 'n gogga partytjie reël vir die kleinmensies in jou lewe.

Gebruik dieselfde verf patroon idee vir 'n stapblok paadjie in jou tuin na die area waar die kleingoed speel.  Houtblok ringe is oral by kwekerye te koop en gladnie duur nie.  Verf dit mooi en pak 'n paadjie uit na die klimraam of sandput.

Jy kan ook die plastiek-doppie idee gebruik en 'n magneet onder elkeen vas gom.  Dan verf jy op elkeen, tussen die kolle op die ruggie, 'n nommer van 1 tot 10 en gebruik dit as yskas magnete.  Kleinding kan dan leer tel, speel speel en daar is geen harde kante van die magneet wat jou yskas kan stukkend maak nie.
As jy verskillende grotes en kleure gebruik, leer hulle sommer rangskik van klein na groot asook om die verskillende kleure te kan noem.  (Dis sommer baie vlieë met een klap.)

FATHERS DAY IDEA - Massage Oils














Massage Oils

1) What Are Carrier Oils?
Carrier oils are vegetable oils used to dilute the concentrated essential oils, they help to slow down the evaporation of the essential oils and help absorb them into the skin. The carrier oils should be "Extra virgin or cold pressed vegetable oils" for maximum benefit. Some good carrier oils include mineral oil, grapeseed, canola, safflower, sunflower, sesame, wheat germ, olive and peanut oil.

2) What are the main Essential oil types?
The 5 main essential oil types: Floral, Spicy, Woody, Citrus, Green Quick fact: Essential oils are distilled from herbs, fruits, petals, bark, rind, sap, flowers, roots, seeds, leaves, grasses.

3) How Do I Store The Essential Oils?
Store essential oils in brown or dark blue colored glass bottles with a close fitting plastic screw cap. Do not store in plastic containers, they could become contaminated. Keep them in a dark, cool place to prolong the shelf life. Always store out of reach of children.

Basic Message Oil
Ingredients:
6 teaspoons carrier oil of your choice
8 drops of essential oil of your choice
Blend ingredients well, warm up oil before doing any massage including your fingertips.

Rose and Sandalwood Massage Oil
Ingredients:
Rose--25 drops (1/4 tsp)
Sandalwood--25 drops (1/4 tsp)
Macadamia Oil--1/4 Cup
Sweet Almond Oil-- 1/4 Cup
Put all in a bottle and shake gently. Can also be put in a plastic spray bottle.

Minty Fresh Massage Oil
Ingredients:
10 teaspoons Grapeseed oil
3 drops of Eucalyptus
4 drops Rosemary
2 drops Peppermint
Blend ingredients well, warm up oil before doing any massage including your fingertips. Oriental

Spice of Life Massage Oil
Ingredients:
10 teaspoons olive oil
6 drops of ginger
4 drops jasmine essential oil
2 drops orange essence
Blend ingredients well, warm up oil before doing any massage including your fingertips.

Night Dreams Massage Oil
Ingredients:
10 teaspoons grapeseed oil
6 drops of chamomile
4 drops jasmine
2 drops rose
1 drop lavender
Blend ingredients well, warm up oil before doing any massage including your fingertips.

WORTELBREDIE



















WORTELBREDIE
 (4 - 6 porsies - sowat 3 uur)
  • 30 ml olyfolie
  • 1 kg lamsnek
  • 6 piekeluie, gehalveer
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 5 ml droë gemengde kruie
  • 1 lourierblaar

VADERSDAG - Geskenk idees
















Maak 'n oulik karton trofee uit karton wat pa op sy lessenaar kan plaas.
















Ma koop hierdie voorskoot, of maak een wat die kinders almal kan help versier.  Pa sal vreeslik trots wees om dit te dra wanneer hy braai, ens.











'n Emmer wat deur boetie en sussie versier is met al die benodighede wat pa nodig gaan hê om sy motor en natuurlik vroutjie se motor mee te was.



















Pa sal met trots en liefde sy sleutels hieraan dra












Maak 'n kaartjie met geskenk-bewyse in bv.  'n Gratis Koffie, 'n Motorwas, ens.















Hierdie gaan defnitief 'n paar harte bly maak, al sy bederfies in vir 'n lekker aandjie voor die tv

PANNEKOEKLAGIES


Adéle Van Zyl Filmalter
PANNEKOEKLAGIES

12 Pannekoeke
1L witsous
250g gekapte sampioene
75 ml Botter
625 ml Gerasperde cheddarkaaas
250 ml room styf geklop
225g tune
sout en peper na smaak

Sorteer sampioene in botter.
Verdeel witsous in 4 gelyke dele
1ste deel : Voeg die gebraaide sampioene by
2de deel: Voeg 450 ml Gerasperde kaas
3de deel: Voeg tuna by
4de deel: Geklopte room
Toets elke deel afsonderlik vir smaak.

Plaas nou een pannekoek op warm dienskottel.
Smeer van die 1ste mengsel oor.
Plaas tweede pannekoek bo-op en smeer van die 2de vulsel op.
Bedek met derde pannekoek en smeer 3de vulsel op.
Herhaal totfat al die vulsel opgebruik is. (Vulsels 1-3)
Bedek alles met die 4de vulsel en strooi res van kaas en bietjie paprika oor.
Bak ± 5 min in voorverhitte oond @ 200C
Sny in wiggies en bedien dadelik

WENK - SLEGTE REUK

Marlene het die raat gegee vir Delene se karretjie waarin die vleis vergeet is. " Neem 50% water en 50% asyn (ek het wit asyn gebruik) en spry dit op die plek waar die reuk is. Dit werk soos wonders.

WENK: LEKKER RUIK HUIS

Adéle het hierdie oulike wenke gegee:  Hier is n vinnige lekker ruik middel vir jou huis. Neem lemoenskil, kaneelstokkies, n paar naeltjies en n lourierblaar, en laat dit vir n halfuur in n pot water prut. My huis ruik heerlik

Tuesday, 17 May 2011

Oulike idee op internet gevind.















Hierdie is defnitief 'n "Boer maak 'n Plan" tuin, groot sakke komposgrond is gebruik, hierin is gate gemaak en verskillende groentes asook blomme is toe in die sakke geplant.

Wenke - Baking soda

Use Baking soda on a damp sponge to remove grease easily from stove, etc. 
For Carpet deodorising.  Sprinkle onto carpet at night and vacuum in the morning.


















VERGIETTES WORD ‘N KERSKANDELAAR

Benodig

vergiettes
elektriese boor
3 mm-boorpunt
silwer ketting van 75 cm lank
'n verskeidenheid krale
gare waarop jy krale kan inryg
knyptang



1.    Verwyder die vergiettes se handvatsels deur versigtig in die plofklinknaels waarmee die handvatsels vasgeheg is, te boor.

2.    Boor agt gate wat ewe ver uitmekaar is al langs die rand van die vergiettes - dis waar jy die stringe krale gaan ophang.

3.     Boor nog drie gate, waar jy die ketting gaan ophang, ewe ver uitmekaar langs die vergiettes se rand.

4.    Ryg 'n verskeidenheid krale op agt stukke gare en maak elke string in een van die agt gate langs die vergiettesrand vas. Knoop die los punte van die stringe in die middelpunt onder die vergiettes aanmekaar vas sodat dit 'n tossel vorm wat hang.

5.    Meet en knip drie stukke silwer ketting van 25 cm elk af. Maak die skakels aan die punt van elke stuk oop met 'n knyptang, haak dit aan die vergiettes en maak die skakels weer toe. Maak die drie stukke ketting in die middelpunt bo die vergiettes aanmekaar vas



















'n Ou of ongebruikte blikemmer kan in 'n japtrap 'n hemelse hangtuin word.
Boor gate in die bodem sodat dit goed kan dreineer of voer dit uit met tuingoiing as die bodem al 'n bietjie deurgeroes het. Boor gate deur die onderste rand en versier dit met krale wat aan draadjies geryg is. Plant plante wat oor die rand van die emmer kan hang, soos petunias, Plectranthus, impatiëns, gipskruid, aarbeie of fuchsias.

















GROENBOONTJIE BREDIE (4 porsies)

Benodig:

45ml olyfolie
800g lamsnek
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 blik (410g) gekapte tamaties
5ml gemengde droë kruie

Hergebruik of Nuwe dekor ?

As jy dalk pas getroud is en nie die wereld se begroting het vir al die nuutste dekor idees nie, kyk na die fototjie.
Twee gebruike vir ou hout lere.  Ja die soort wat jou pa dalk in die garage gebruik het of wat laas gebruik was toe die huis geverf is, maar wat nou vervang is met daai blink aluminium leer.
Stof hom af of skuur hom af, of behou die outydse wereld mooiheid in die leer soos hy is. 
Hier is dit ingespan as 'n boekrak (mag dalk net 'n bietjie gevaarlik wees as jy hom nie vas monteer teen die muur nie, so skroef hom eerder vas) en 'n potte rak wat uit die dak hang.  Pragtig en goedkoop.

Kleur in die blomtuin met 'n ou leer

En vir die blomtuin 'n fokuspunt soos geen ander.  Verf die leer in 'n kleur waarvan jy hou en plant malvas in helder kleure in potte wat jy op die leer se trappies staanmaak.  Almal gaan praat van jou tuin.

Gee hom 'n tweede kans

OK ek erken. Ek is heeltemal "ga-ga" oor die idee om 'n ou hout leer 'n tweede kans in die lewe te gee.  Ek sê:  "Skroef hom vas, maak hom reg en gee hom weer 'n nuwe baadjie." 

In my kop het 'n ou hout leer soveel verhale om te vertel as hy net kon praat, so hoe kan mens nou so 'n oulike item weggooi?

Kyk die mooi fokuspunt.  Jou verbeelding kan regtig weghardloop met jou oor wat alles daarop geplaas kan word.

Hergebruik 'n leer

Hier is nog 'n idee.  'n Hout leer is gebruik as stut vir 'n boontjie om teen op te rank.  Jy kan selfs 'n pampoen teen dit laat op rank.  Of dalk jou sweetpeas in jou blomtuin.  (Met laasgenoemde idee, verf die leer in 'n mooi kleur vir die agtergrond.)

Ou hout leer

Kyk die oulike idee wat ek raak geloop het.  Dis ou hout lere wat gebruik is as dekor item in die tuin teen 'n klipmuur.

Ons kan almal

Hallo julle.
Hierdie prentjie wys mens kan 'n tuin hê EN hom met jou saam neem as jy trek.  Daar is moontlik waardevolle plantjies in wat deur generasies al aangegee was van een tuinier na 'n ander.  So dis dalk baie kosbaar.  Baie van ons het mos sulke plantjies wat jy bewaar omdat ouma dit in haar tuin gehad het, of jou ma het nog vir jou 'n steggie van dit gegee. 

Vandaar my storie vandag.  Steggies is 'n goedkoop manier van plantjies bymekaar maak.  Wanneer jy vir familie of vriende gaan kuier en daar is 'n plant wat mooi is, vra 'n steggie.  En onthou 'n steggie is nie 'n TAK van die plant nie.  Jy hoef nie jou arme vriend of vriendin se tuin om te grawe vir 'n stukkie plant met wortels aan nie.  Nee 'n steggie is maar slegs 'n klein nuwe groeisel deeltjie van die plant. (Of dan nou, as daar toevallig 'n klein plantjie onder die groter struik opgeslaan het wat dalk wortels mag hê.)   Bv. 'n Malva steggie kan net 'n stukkie van 'n takkie wees met een of twee blaartjies.  Jy druk hom in die grond en siedaar.

As jy kan, kry vir jou 'n bietjie hormoonpoeier by die kwekery, druk die puntjie van die steggie daarin en dit sal help met wortelvorming.

Ek moet toegee dit neem somtyds bietjie langer om 'n groot plant te word as die een wat jy in die kwekery sou koop, maar hierdie is die ideale begin om al daardie spesiale plantjies vir jou tuin te kry sonder dat jou begroting daarmee heen is.

Begin vandag met jou steggie-tuin.  Mens weet nooit hoe dit gaan eindig nie.  Dit mag dalk 'n prag tuin word eendag.

Monday, 16 May 2011

Chrysanthemum (Krisante, Asters)

As jy nou op soek is na ‘n bietjie kleur vir ‘n hoekie in jou tuin, onthaal are, huis of balkon, is Chrysanthemums die ideale keuse.  Veral  gedurende herfs wanneer mens nie altyd meer lus het vir werskaf in die tuin op koue dae nie. 
Daar is tonne kleure beskikbaar en hulle is reeds in volle blom wanneer jy hulle koop (en meestal alreeds in oulike potte).  Rangskik eenvoudig ‘n paar potte bymekaar en jy het kits kleur sonder moeite. 
Selfs ‘n nuwe tuin waar nog niks geplant is nie, kan pragtig lyk met net ‘n grasperk en ‘n ry of twee van hierdie helderkleurige blomme.  Plant hul al langs jou tuinpaadjie na jou voordeur, en jy gaan verseker die mense twee keer laat kyk.
Chrysanthemums kan ook binnenshuis gehou word vir kleur in jou sitkamer of kombuis en wanneer hulle klaar geblom is, moenie die pot met takkies weg gooi nie.  Plant dit uit in jou tuin.  Hulle mag jou dalk later in die jaar weer verras met blommetjies wat verskyn net mooi wanneer jy dit die minste verwag.

Maak jou eie kaassmeer

Vinnige kaassmeer

1 liter laevet melk (long life werk beter)
1kg gerasperde geprosesseerde kaas

Nuwe gebruik vir 'n ou leer.

(Hierdie idee was reeds op ons Facebook blad, maar ons plaas dit weer vir die wat dit gemis het.)

Hier is 'n oulike idee wat ons raakgeloop het vir die hergebruik van 'n ou leer en ou skoene waarvoor daar nie meer nut was nie. 
'n Helderkleurige uitbundige rooi malva sal baie kleur gee aan sulke ou skoene op die leer en jy kan selfs 'n rankmalva in die boonste skoen plant wat dan teen die kant van die leer kan af rank.  (Of Petunias)  Dit sal sommer baie vrolik lyk. 
Soos een van ons vriende gesê het is hierdie 'n uitstekende hergebruik idee vir daardie ou army boots van die man of kinders wat nog rondlê in die huis.
Souskluitjies - Mikrogolfoond

Stroop:
500ml Kookwater
5ml Kaneel
15ml Botter
15ml Suurlemoensap
5ml Karamelgeursel / Vanielja
375ml Bruin suiker
5ml Gemmer

• Plaas in mikrogolfoond +- 8-minute op hoog en kook tot suiker opgelos het. (Moenie deksel op sit nie, stoom sal stroop Verdun).

Beslag:
140ml Appelkooskonfyt
10ml Koeksoda
125ml Botter
375ml Koekmeel
Knippie sout

• Verhit konfyt en botter in glashouer vir 1-minuut op hoog, voeg koeksoda by en roer totdat mengsel skuim, dan meel en sout by.
• Skep teelepelsvol beslag in kokende sous, maak deksel dig toe en plaas in mikrogolfoond vir 5-minute op hoog.
• Laat 1-minuut bedek staan.
Daar was 'n behoefte vir 'n weeklikse spyskaart, julle sal sien dat die 1ste week gelaai is asook 'n resep vir elke dag.  Hoop julle gaan dit geniet. (kliek net weeklikse spyskaart vir inligting)

Mince and Butternut Bake



1 tablespoon (15 ml) oil

500 g lean mince

1 onion, chopped

1 small butternut, diced

1 box KNORR Mince Mate Three Cheese

2 cups (500 ml) warm water

1 3/5 cup (400 ml) milk

1 cup (250 ml) Cheddar cheese, grated

1 tablespoon (15 ml) Robertsons dried rosemary


1.     In a pan heat the oil and brown the mince and onion.
2.     Add the butternut, seasoning mix from the KNORR Mince MateThree Cheese, water and milk.
3.     Add the uncooked pasta and mix.
4.     Bring to the boil, reduce heat and simmer uncovered on low heat for 15-20 minutes, stirring occasionally until pasta is cooked and butternut is soft.
5.     Transfer to a greased baking dish.
6.     Top with cheese and sprinkle with Robertsons dried rosemary.
7.     Bake in a preheated 180°C oven for 15 minutes or until cheese is bubbling