Tuesday, 17 May 2011


















GROENBOONTJIE BREDIE (4 porsies)

Benodig:

45ml olyfolie
800g lamsnek
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 blik (410g) gekapte tamaties
5ml gemengde droë kruie
1 kg bevrore groenbone
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
250ml kookwater
2 aartappels, geskil en in kwarte gesny

Verhit oond tot 180°C.  Verhit olyfolie in ‘n groot oondvaste kastrol.  Braai lamsnek tot bruin.  Voeg ui en knoffel by.  Roer tamaties, kruie en bevrore groenbone by.  Geur met sout en swartpeper.  Gooi kookwater by en meng goed.  Plaas aartappels bo-op.  Maak kastrol toe en plaas in die warm oond vir 1 tot 1½ uur, totdat die vleis sag is.  Kyk nou en dan dat dit nie droog kook nie.  As dit droog lyk, kan jy ‘n bietjie water byvoeg.